Laeveld beloftes

C. Louis Leipold 1980

‘Die son spat splinters goud en louter lig,

Die hemel pronk met kleureprag en dig

Lê weelde oor die wêreld in glans van goud en kleur;

En orals in die rondte is rykdom te bespeur:

Natuur se geil-gegewe buit;

Die veld se bont-geverfde geruit;

Die koor van voëls wat sing;

Die blye pret van alles wat huppel en juig en spring;
….
Van loerie-voëls wat, pragtig blou,

Met trots-gekuifde hoogmoed die laeveld aanskou.

Dit is ‘n nuwe wêreld hier

En anderste as tuis die veld die mooiste maande vier.

Hier is nog net belofte van wat nog later kom:

Groen grasskeutjies bo die grond; boom nog sonder blom;

Vinkeneste, halfpad nat, nog maar halfpad klaar;

Kafferboom al aan die bot, skoon nog sonder blaar –

Groot belofte vir die Toekoms wat so baie hou.

Soos die wolke vol met reën drywend teen die blou;

Groot belofte vir die Toekoms wat so veel voorspel,

Ryker oes wat later kom as die veld vervel.’