GUEST REVIEWS

“Thank you so much for having us this weekend. We loved it. The cottage was so well equipped, and everything was thought of – including a hair dryer! I hope we will get to come again some time. Thank you!”

Tamlyn and Conrad Woollatt

“Thanks so much for the most magical weekend. We are all very sad to leave!”

Candy

“Julle plek is pragtig! Die uitsig is asemrowend! Die kothuis is goed ingerig en skoon. Die minimalistiese dekor is baie mooi. Ons as gesin het lekker gerus, gesels en nuwe herinneringe gemaak. Dankie dat ons in jul hartsplekkie kon tuisgaan. Heerlike atmosfeer.”

Malan, Marlene, Karla en Katinka

“Baie dankie vir ‘n ongelooflike tydjie hier op Kiekiebos!

Dit was voedsel vir die siel!”

Lourens, Jolisa, Elro en Miré

“Dit was rerig ‘n baie lekker blytyd! Ons sal definietief terugkom!”

Michelle

So, so mooi huis. Pragtige uitsig! Huis mooi versier en als mooi skoon en netjies. Baie dankie.

Williams-gesin

“Baie lekker gekuier in die rustigheid van die plaas. Sal weer ‘n draai maak.

Luan en Divan het dit baie geniet. Baie dankie dat hulle bietjie kon deelneem aan die plaaswerkies en vir die besoek aan die melkery. Hulle sal dit vir altyd onthou!

Dit ‘n pragtige plek! Dankie.”

Estella en Louw van Wyk

“Baie lekker atmosfeer met ongelooflike uitsig. Gasvryheid van die oomblik wat ons hier aangekom het, was wonderlik. Baie dankie vir die heerlike tyd hier. Sien jul weer.”

Christo, Alycia, Aldo, Xander, Lené, Brendon, Ilse en Lisa

“Thank you so much for the stay – we absolutely loved it, your place is really stunning and was perfect for our golf tour. We will most definitely be back soon!  Thanks again.”

Ross

“Absolutely beautiful. Could stay for a month.”

Murrays and Steyns

“Ons sit nou hier op die laaste aand van ‘n vreeslike lekker paar dae en ek kyk uit oor die berg en dink sommer oor wat my kinders vandag kon leer en beleef (die koeie en kalwers aanjaag en “tag”). Dit was priceless. Gister het ons gaan melk by ‘n buurman, Jake, af met die pad Sedgefield toe. Wat julle hier het, is ‘n juweel. Dankie dat ons dit kon gebruik, geniet en net as ons huis kon gehad het vir ‘n paar dae! Hoop en vertrou ons sal weer eendag hier kan kuier.”

Malan

“Pragtige plek waar jy net kan rus en batterye herlaai! Dis so skoon en netjies en alles wat jy nodig het vir ‘n onvergeetlike naweek! Baie dankie!”

Jasper en Sonja Boshoff

“My twee nagte hier was heerlik. Wonderlike plek en so goed ingerig! Alles keurig en pragtig!”

Lizette

“Dankie vir die prentjiemooi plekkie om te bly! Ons trek nou sommer Wes-Kaap toe!”

Herman, Amori en Armand Pelser

“Die prentjiemooi huisie het ons asems weggeslaan en ons so vinnig tuis laat voel. Die huis is ‘n groot deel van ons Wilderness-ervaring en op ‘n beter plek kon ons nie bly nie. Dankie dat julle die goue plekkie met ons gedeel het! Mag die son altyd bly skyn by julle! Dankie!”

Lene, Letha en Willem van der Merwe

“Baie mooi plekkie, atmosfeer baie kalmerend. Ek stel dit beslis voor aan enige iemand en sal definitief weer kom. Ons het dit baie geniet.”

Van Rooyen-gesin